Anél Wasserfall

Anél matriekuleer in 2005 met lof aan die Hoërskool Centurion, waarna sy tydelik verhuis na die VSA om onder andere formele opleiding op te doen in Funksiebestuur. Sy keer later terug na Suid-Afrika en aanvaar ’n bestuurspos by haar Alma mater, waar sy dien as kultuurbeampte.

Die vermaakwêreld het egter gewink en sy aanvaar ’n pos by die immergewilde CO Productions, onder leiding van Corné Oosthuizen, waar sy die besprekings en toere hanteer vir kunstenaars soos Jay, Dewald Wasserfall, Ampie du Preez en Monique.

Ook as vryskut-projekbestuurder blink Anél uit en word gekies as een van die verhoogbestuurders vir Afrikaans is Groot, sowêl as die Innibos hoofverhoog.

Sy bestuur ook troues en ander projekte, en is tans ’n voltydse besprekingsagent by Vocal Events

Contact Us

Please feel free to contact us via our contact form or the various social media platforms we are linked to.

Connect With Us :

Annarie : 072 214 4590
info@vocalevents.co.za

Hamilton : 071 482 2533
hamilton@vocalevents.co.za

Anél : 082 462 5305
anel@vocal-events.co.za

Office Hours : Mon - Fri: 09h00-16h00

Top