Annarie Hugo

Annarie het haar diploma in finansiële bestuur by Boland College, Stellenbosch in 2003 verwerf. In 2004 betree sy die musiekindustrie as bestuurder van Robbie Wessels Produksies. Van toe af het sy haarself nie net as bestuurder bewys nie, maar ook as organiseerder van verskeie optredes, toere en feeste.

In 2007 en 2008 is sy die brein en stuurkrag agter die Deuriemikke Karnaval op Loftus Versfeld en lok hierdie byeenkoms elke jaar meer as 20 000 mense.

In 2009 werk sy as publisiteitsbeampte by Coleske Artists. In 2013 raak sy ook by die filmbedryf betrokke en tree sy op as vervaardiger van die Afrikaanse film, "100meter Leeuloop", geskryf deur Robbie en Hamilton Wessels. In dieselfde jaar hanteer sy ook die publisiteit van Deon Meyer se films “Die Laaste Tango” en “Ballade van Robbie de Wee”. Tans is Annarie aan die bestuur van verskeie kunstenaars. Sy hanteer alles aangaande vertonings en toere asook die dag tot dag beplanning van die kunstenaars en hulle orkeslede. Sy is ook die skakel tussen die media en die kunstenaars. Annarie is 'n deernisvolle mens wat haar werk, met trots, baie hoog ag. Haar dienste is van hoogste gehalte en haar integriteit en eerlikheid waarmee sy haar werk doen, word weerspieël in die sukses van haar kunstenaars.

Contact Us

Please feel free to contact us via our contact form or the various social media platforms we are linked to.

Connect With Us :

Annarie : 072 214 4590
info@vocalevents.co.za

Hamilton : 071 482 2533
hamilton@vocalevents.co.za

Anél : 082 462 5305
anel@vocal-events.co.za

Office Hours : Mon - Fri: 09h00-16h00

Top