Danny Smoke

Danny Smoke kom uit ń musikale familie. Hy het op ń baie jong ouderdom begin kitaar speel. Sy pa was self ń profesionele kitaar speler, en sy suster, Rochelle Rautenbach is ook ń profesionele baskitaar speler. Hulle het almal saam in ń orkes gespeel. Danny het op 13 jarige ouderdom saam ń koperatiewe orkes begin optree as hoof kitaar speler en sanger. Hy was ook deel van ń kinder musikale groep.

Na ń klompie aktiewe jare reeds in die musiek bedryf, het Danny besluit om skool te verlaat op die ouderdom van 17 om sy musiekloopbaan meer ersntig op te neem. Hy het ń diploma in klank ingeneurswese voltooi en voltyds in verskeie orkeste opgetree. Danny het op die ouderdom van 18 saam Jak de Priester begin optree as Jak se baskitaar speler. Hy het die volgende jaar oorbeweeg as kitaarspeler vir Jak. Danny het Jak de Priester se gewilde album “Groen Mamba” vervaardig en vir ń verdere 6 jaar saam Jak reg oor die land getoer. In dieselfde tyd het Danny se talent as musikant hom baie vinnig gewild begin maak onder ander sangers en musikante en het hy vir verskeie ander sangers ook begin speel. Die lys is redelik lank maar sluit in: Dewald Wasserfall, Jo Black,Die Heuwels Fantasties, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Jay, Eden, Lianie May, Snotkop, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Ricus Nel, Laurika Rauch, Koos Kombuis, Elvis Blue, Ghapi en die lys gaan aan. Danny het ook verskeie internasionle toere gedoen en saam internasionale kunstenaars soos Brian McFadden (Westlife), Roan Ash, Stef Bos en Uriah Heep opgetree. Danny het by feeste reg oor die land opgetree insluitend KKNK, Aardklop, meeste ander en kon vir die laaste 5 jaar as orkeslid gesien word in die uiters gewilde Innibos Hoofkonster.

Danny was ook vir die laaste 3 jaar tesien as orkeslid op die Afrikaans is Groot verhoë. Hy was ook as kitaarspeler te sien op die realiteits TV program, “Die Kontrak”.

Danny Smoke is ook een van Suid Afrika se gewildste musiek vervaardigers. Hy het al verskei albums vervaardig en opgeneem vir kunstenaars onder andere: Jo Black “Skepe” en “Voel jy die genade” Steve Hofmeyr “Skree” en 2de Counrty Album. Dewald Wasserfall Bok van Blerk Karlien van Jaarsveld Bobby van Jaarsveld Tarryn Lamb Corlea Jay en Lianie “Da vat hy” Jay Lianie May Watershed Monique Riana Nel Leah Appel Jan Bloukaas Loki Rothman Pieter Koen Ampie Jak de Priester Ivan Roux Arno Jordaan Kurt Darren

Danny het ook onlangs die gewilde nuwe musikant op almal se lippe, Roan Ash se album “Whiskey to my soul” vervaardig wat internasionale sukses bereik. Danny was saam Roan Ash en ń span mense Nashville toe in Februarie vir ń optrede en vir besigheids doeleindes. Danny vertrek weer in Junie Nasvhille toe saam Roan Ash om by die CMA Festival (Country Music Awards) op te tree.

Booking Form

Please fill in the following form and we will get back to you as soon as possible.

Understanding and achieving your vision is our priority.

Contact Us

Please feel free to contact us via our contact form or the various social media platforms we are linked to.

Connect With Us :

Annarie : 072 214 4590
info@vocalevents.co.za

Hamilton : 071 482 2533
hamilton@vocalevents.co.za

Anél : 082 462 5305
anel@vocal-events.co.za

Office Hours : Mon - Fri: 09h00-16h00

Top