Hamilton Wessels

Hamilton verwerf sy BEd Graad in 2009 aan die Universiteit van Pretoria. Vir die afgelope 7 jaar toer hy as tromspeler saam met Robbie Wessels en hanteer hy ook alle korrespondensie ivm optredes.

In 2011 skryf Hamilton saam met Robbie die draaiboek vir die film, "100meter Leeuloop" en vertolk daarna verskeie rolle in onder meer "100 meter Leeuloop", "Durban Poison" asook in Robbie Wessels, Juanita du Plessis en Riana Nel se musiekvideos).

Buiten sy talent in die vermaaklikheidsbedryf, het Hamilton in 2011 ook sy eie besigheid, Mobibins, begin en dit vir 3 jaar lank suksesvol bedryf.

In 2014 besef hy egter dat sy groot liefde in die vermaaklikheidsbedryf lê en sluit hy homself permanent by Vocal Events aan saam met Annarie Hugo.

Hamilton is spontaan, hardwerkend en is nie bang om sy drome ‘n werklikheid te maak nie

Contact Us

Please feel free to contact us via our contact form or the various social media platforms we are linked to.

Connect With Us :

Annarie : 072 214 4590
info@vocalevents.co.za

Hamilton : 071 482 2533
hamilton@vocalevents.co.za

Anél : 082 462 5305
anel@vocal-events.co.za

Office Hours : Mon - Fri: 09h00-16h00

Top