Kurt Darren

Met 21 jaar van eersteklas, voetstamp-vermaak reeds agter die blad, spog sanger, liedjieskrywer en radio-, TV- en filmpersoonlikheid, Kurt Darren, met die meeste ranglys-treffers van enige plaaslike kunstenaar, sewe SAMA-toekennings en ’n allemintige 20 goue, platinum - en multi - platinumvrystellings. So, een ding is seker: dié man weet hoe om gehore op hul voete te kry en te hou!

HOOGTEPUNTE:
• Kurt was die enigste Afrikaanssprekende kunstenaar om by Madiba se 90ste verjaardagviering in 2008 in Hyde Park, London, op te tree.
• Een van sy grootste treffers, “Meisie Meisie”, is in Duits vertaal as “Hallo Susse” en ‘n totaal van twaalf van sy treffers is in Duitsland, Nederland en België vrygestel.
• Hy is een van baie min Suid-Afrikaanse kunstenaars wat twee albums – een Afrikaans en een Engels – tergelyketyd op nasionale radiostasie, RSG, se SA Top 20 gehad het. “Uit die diepte van my hart” het meer as 40 weke op dié ranglys se top 10 spandeer, terwyl “Smiling back at me”, sy eerste oorspronklike Engelse aanbieding in meer as ‘n dekade, tot 2de plek daarop gevorder het.
• Voeg hierby die 13 Huisgenoot Skouspelle waarvan hy deel was, en ‘n ongeëwenaarde 20 goue albums in 20 jaar, en dis duidelik waarom Kurt Darren een van SA se grootste gunstelinge van alle tye is!

CDs
•For Your Precious Love (1995)
•Since I Found You (1995)
•Kurt Darren (1998)
•Elton John Grootste Treffers gesing deur ons eie Elton (2000)
•Net Jy Alleen (2001)
•Meisie Meisie (2002)
•Sê Net Ja (2003)
•Staan Op (2004)
•Vat my, maak my joune (2005)
•Lekker Lekker (2006)
•Voorwaarts Mars (2007)
•30 Goue Sokkietreffers (2008)
•Uit die diepte van my hart (2008)
•Smiling Back At Me (2009)
•Die Beste Medisyne (2009)
•Met Liefde/With Love (2010)
•Oos-Wes Tuis Bes (Deluxe edition) (2010)
•Kurt Kaptein se platinum treffers (2011)
•In jou oë (2012)
•Seerower (2014)
•Lied Vir Die Vrou (2015)
•Sal Jy Met My Dans? (2016)

ENKELSNITTE / VIDEOS
Afrikaans:
• "Meisie Meisie" (JAAR?)
• "Staan Op" (JAAR?)
• "Kom ons Dans In Afrikaans" (JAAR?)
• "Kaptein" (JAAR?)
• "Af en af" (JAAR?)
• "Lekker Lekker" (2007)
• "Voorwaarts Mars" (2008)
• "Hemel op Tafelberg" (2009)
• "Daar Doer in die Donker" (2008)
• "Loslappie" (2009)
• "Bloubergstrand se sonsak" (2010)
• "Lekkerbekkie" (2011)
• "Heidi" (2012)
• "Stoomtrein" (met Snotkop) (2012)
• "Kom bietjie hier" (2012)
• "Cowboys en crooks" (2014)
• "Dans op die Tafels” (2014)

Nederlands:
• "Voor Altijd" (2013)

Engels:
• "You" (JAAR?)
• "Standing On The Edge" (JAAR?)
• "Sunday" (JAAR?)

MEER OOR KURT:
• Verjaardag: 19 Februarie
• Sterreteken: Waterdraer
• Hare: Blond
• Oë: Blou
• Lengte: 1.92m
• Skoengrootte: 10
• Kurt in 5 woorde: Vriendelik, geduldig, stiptelik, dromer, lojaal
• Leuse in die lewe: "Life's a journey, enjoy the ride!"
• As hy iemand kon ontmoet (lewend of nie): Elvis Presley
• Iemand saam met wie hy nie in 'n hysbak wil vassit nie: Robert Mugabe
• As hy een wens kon hê: Vrede
• Gunsteling fliek: Gladiator
• Gunsteling akteur: Tom Hanks
• Gunsteling aktrise: Meg Ryan
• Dinge waarsonder hy nie kan lewe nie: Musiek, selfoon, DVDs
• As hy nie ‘n sanger was nie…: … sou hy graag 'n veearts of wildbewaarder wou wees
• Tydverdrywe: Fliek, hengel, skubaduik, snorkel, lees, PlayStation, sosiale poker, gholf, reis, vierwiel fietsry, wildritte, aksiekrieket
• Gunsteling kleur: Blou
• Gunsteling mense: Dunay (die mooiste vrou in die wêreld), Elvis Presley, Elton John Ed Sheeran, Wilbur Smith, Eddie Izzard, Ali G
• Gunsteling plekke: Mont Marie, Stellenbosch, Langebaan
• Gunsteling TV-reeks: Game of Thrones
• Gunsteling eet- en drinkgoed: Seekos (veral kreef en garnale), rooiwyn, kaas, Passionfruit en soda, Fanta lemoen, Malvapoeding (wat hy net so lekker maak), beesstert, kapokaartappels, rum & raisin Energy Bar, Black Cat grondboontjiebotter met nougat, lemoen Lucuzade, melk, avokadopeer, Whispers
• Ander gunstelinge: Smaakvolle klere – veral Guess, Levi’s, Diesel en Soviet, natuurskoon, om te reis – hy was al, onder andere, in Mauritius, Florida (Amerika), Parys (Frankryk), Venesië (Italië), Zanzibar, Seychelles, Namibië, Mosambiek, Zimbabwe, Zambië en Madagaskar. Hy is ook mal daaroor om ons eie land te deurkruis op pad na optredes.
• Afkeure: Misdaad, grootpraters, oningeligtheid, Jessica Simpson, negatiwiteit, kinder- en vrouemishandeling, geraas, tamatiekonfyt, vrugte, mielies, spinnekoppe, sonneblomme, kortbroeke, hoogdrawendheid, cashewneute
• Iets wat niemand omtrent Kurt Darren weet nie: Hy kan nie met kouse aan, of met sy voete onder ‘n kombers of duvet, slaap nie. Sy voete moet altyd oop wees!

Raad vir aspirant-sangers: Stel vir jouself doelwitte, en streef dit na met deursettingsvermoë en verantwoordelikheid. Wees goed vir die publiek, en hulle sal dieselfde vir jou doen. Werk met volharding.

Booking Form

Please fill in the following form and we will get back to you as soon as possible.

Understanding and achieving your vision is our priority.

Contact Us

Please feel free to contact us via our contact form or the various social media platforms we are linked to.

Connect With Us :

Annarie : 072 214 4590
info@vocalevents.co.za

Hamilton : 071 482 2533
hamilton@vocalevents.co.za

Anél : 082 462 5305
anel@vocal-events.co.za

Office Hours : Mon - Fri: 09h00-16h00

Top