Liza Brönner

Liedjieskrywer en sangeres Liza Brönner het groot geword in Centurion en al op skool gewys dat sy van sang ’n loopbaan kan maak met die wen van verskeie kompetisies en toekennings. Die bal is egter behoorlik aan die rol gesit nadat Andries Botha haar in 2008 op “Dis Hoe Dit Is” gesien en vir haar ’n CD kontrak beding het. Vandaar het sy oral in Suid-Afrika begin optree, en die verhoog met van die land se grootste name gedeel.

Vir haar eerste CD “Onderstebo” was Liza genommineer vir ’n Tempo Toekenning as beste Nuweling en vir haar “Jy het my gevind” CD was sy genommineer vir twee Ghoema Toekennings as beste kontemporêre album en ook as beste vroulike kunstenaar.

Liza het haarself bewys as sangeres en aktrise toe sy met die “Jy is my Liefling” kroon weg gestap het in die 2013 realiteitsreeks op KYKNET en die verhoog gedeel het in die bekroonde “Liefling” verhoog produksie met Bobby van Jaarsveld.

Liza is tans besig om te skryf aan haar nuwe album wat teen Jul 2016 op die rakke sal wees.

Booking Form

Please fill in the following form and we will get back to you as soon as possible.

Understanding and achieving your vision is our priority.

Contact Us

Please feel free to contact us via our contact form or the various social media platforms we are linked to.

Connect With Us :

Annarie : 072 214 4590
info@vocalevents.co.za

Hamilton : 071 482 2533
hamilton@vocalevents.co.za

Anél : 082 462 5305
anel@vocal-events.co.za

Office Hours : Mon - Fri: 09h00-16h00

Top