Monique Steyn

Monique Steyn is gebore op 5 September in Krugersdorp. Haar familie verhuis na Pretoria Noord waar sy matrikuleer aan Akasia Hoërskool. Na skool voltooi sy haar Graad 8 eksamen in sang en doen ’n teorie oorbruggings kursus om voor te berei vir die destydse Technicon Pretoria. Sy studeer toe daar musiek onder lyding van wyle Fanie Fouche en Louis van Rensburg.

Sy bevind haarself daarna as deel van die Barnyard-groep en werk sodoende vir hulle vir bykans ses jaar. Haar lewe maak ’n ander draai en in 2011 word sy haar eerste platekontrak aangebied in Kaapstad.

Na die sukses van haar bekroonde debuut album “Ek Val Vir Jou” in 2011, tweede solo album “Pienk Champagne” en platinum status verkope saam met die groep 4Werke, is dit na twee jaar se hiatus fantasties om ’n slinternuwe solo album te wagte te wees.

Monique span haar kragte saam met die legendariese Coleske broers en die bekroonde skrywer Johan Oberholzer vir ’n vars, volwasse, kontemporêre album wat haar stem beklemtoon en volgens haar die album is wat sy nog altyd oor gedroom het.

Haar duet, “Hartseer”, saam met Ruhan du Toit van Touch of Class-faam, vat vinnig vlam en die video sal ook binnekort te sien wees.

Die album inhoud spreek oor persoonlike ervarings in veral liedjies soos “Onder Die Invloed”, “Treine” en “Vure Brand”. Daar is ook ’n weergawe van Barbara Dickson se “Caravans” en die geestelike “Thy Will Be Done”, oorspronklik gesing deur Hillary Scott van die groep Lady Antebellum.

“Ek is bevoorreg om ’n skrywer en vriend soos Johan in my lewe te hê wat op papier kan sit wat in my kop aangaan en dit beter doen as wat ek ooit sou kon. Met Arnold Coleske se kreatiwiteit, passie vir musiek en “the one and only” Paulo Azevedo in beheer van produksie, kom die musiek tot volle reg en hoor ek weer my ware stem. Ek is oorweldig en dankbaar. Wat ’n ongelooflike span!

Sy hou nie van arrogansie nie, botter of melk moet liefs nie in haar bord of beker opeindig nie en enige program of situasie waar diere ly het sy ’n kleintjie dood aan. Sy het ook nie baie geduld nie.

Monique is lief vir musiek, rooiwyn, diere, die reuk van reën, mense en chillies. Om maar ’n paar goed te noem.

Monique Steyn is weer hier met mening.

Booking Form

Please fill in the following form and we will get back to you as soon as possible.

Understanding and achieving your vision is our priority.

Contact Us

Please feel free to contact us via our contact form or the various social media platforms we are linked to.

Connect With Us :

Annarie : 072 214 4590
info@vocalevents.co.za

Hamilton : 071 482 2533
hamilton@vocalevents.co.za

Anél : 082 462 5305
anel@vocal-events.co.za

Office Hours : Mon - Fri: 09h00-16h00

Top