Riana Nel

Met ‘n rits treffer-albums op haar kerfstok, het Riana Nel haar die afgelope jare gevestig as een van die groot name in Afrikaanse musiek.

Sy het bekendheid verwerk as gospelsangeres met albums soos Oopmond (2001), The Cure (2003) en Someone with Skin (2006). In 2011 is haar eerste sekulêre album, Die Moeite Werd, by Coleske Artists vrygestel en Die Regte Tyd het in 2014 gevolg. Met treffers soos “Die Moeite Werd”, “Dans”, “Soos die Son”, “Tyd om te Lewe”, “Tweede Kans” en “Weier”, het sy haar nie net in Suid-Afrikaners se harte ingesing nie, maar haarself ook gevestig as een van die talentvolste Afrikaanse liedjieskrywers vandag.

Riana is op 9 November 1981 in Windhoek, Namibië gebore. Sy het van kindertyd ondersteuning van pa Flip, ‘n polisieman, en ma Helet, ‘n graad 1-onderwyseres, gehad. Hulle het haar die vryheid gegee om te droom en haar passie te volg. Gospelmusiek en haar geloof is steeds van die belangrike pilare in haar lewe, maar met haar sekulêre pop/rock-musiek het sy ‘n nóg groter gehoor bereik.

Met Die Moeite Werd het sy kragte saamgespan met Arnold en Ewald Coleske en dit was vinnig duidelik dat haar loopbaan ‘n nuwe dimensie aangeneem het. Kort voor lank is sy deur Huisgenoot beskryf as ‘n nuwe talent om dop te hou.

Die Coleske-broers het Riana aangemoedig om meer van haar eie musiek te skryf en haar as ‘n kunstenaar in die ware sin van die woord te vestig. Die eerste enkelsnit van die album, die titelsnit “Die Moeite Werd”, was vinnig ‘n treffer onder luisteraars, maar dit was “Dans” wat ‘n nommer 1-treffer op bykans elke radiostasie in die land was. Liedjies soos “Soos die Son” en “Timbuktu” het verder gesorg dat die album nie minder nie as ses nommer 1-treffers gehad het.

Toekennings vir Die Moeite Werd het ingestroom. Dis onder meer as beste popalbum by die Tempo-toekennings in 2012 vereer en sy het in 2013 die beste liedjieskrywer-toekenning met Johan Vorster by die Ghoema Musiektoekennings gedeel. Nie dat Riana ‘n nuweling tot toekennings was nie: Sy het reeds in 2001 die Geraas-toekenning as beste nuwe kunstenaar met Karen Zoid gedeel en is ook dieselfde jaar as beste gospelsanger by die Geraas-toekenning aangewys. Sy het ook in 2001 twee kategorieë by die Lier-toekennings gewen: as beste nuwe kunstenaar en beste vroulike sangeres.

Riana het met die vrystelling van Die Moeite Werd haarself stadig maar seker as een van die land se grootste sangeresse gevestig en het met haar plat-op-die-aarde houding en kreatiwiteit ‘n liefling in die musiekbedryf en onder aanhangers geword.

Ander sangers het haar talent as liedjieskrywer raakgesien en sy het al vir onder meer Bobby van Jaarsveld, Juanita du Plessis, Lianie May en Jay liedjies geskryf.

In April 2014 is haar nuwe album, Die Regte Tyd, vrygestel. Dit was weer eens ‘n reusesukses en het in slegs nege dae goue status bereik. Die snit “Tweede Kans” was vir vier weke aaneenlopend die nommer 1-treffer op Jakaranda FM en was ook die nommer 1-treffer op radiostasies soos Radio Helderberg, Laeveld Stereo en Algoa FM. “Weier” was eweneens ‘n treffer met ‘n nommer 1-plek op die Kia Afrikaanse Top 20 asook op Jacaranda FM. Ander treffers van die album sluit in “Glass” en “Meer as ‘n Vriend”.

Die Regte Tyd is Riana se getuienis van haar soeke na ‘n sielsgenoot – sy is in 2013 met die entrepreneur Cornel de Beer getroud – en die belofte wat deur God aan haar gemaak het.

Die Regte Tyd was 2014 se topverkoper in Suid-Afrika met verkope van meer as 62 000 en Die Moeite Werd het intussen die 100 000-merk verbygesteek. In Februarie 2015 is Riana vir vier Ghoema-toekennings benoem: beste sangeres, beste popalbum, beste liedjieskrywer en vir beste album van die jaar vir Die Regte Tyd.

Booking Form

Please fill in the following form and we will get back to you as soon as possible.

Understanding and achieving your vision is our priority.

Contact Us

Please feel free to contact us via our contact form or the various social media platforms we are linked to.

Connect With Us :

Annarie : 072 214 4590
info@vocalevents.co.za

Hamilton : 071 482 2533
hamilton@vocalevents.co.za

Anél : 082 462 5305
anel@vocal-events.co.za

Office Hours : Mon - Fri: 09h00-16h00

Top