

Rooksein is ‘n musiek groep gestig in Potchefstroom, Suid Afrika, aan die begin van 2018. Die groep bestaan uit drie lede, Megan Danner, Dian André Maritz en Renier van der Westhuizen. Rooksein het sy begin gevind deur musikant Renier van der Westhuizen se wens om goeie musiek in Potchefstroom te begin maak. Hy betrek toe twee ander musikante met die selfde visie om musiek te maak wat krag dra.
Rooksein verkies wel om nie slegs Afrikaanse musiek op te voer nie maar het ook verskeie Engelse liedjies en eie komposisies wat deel vorm van hulle repertoire omdat hulle voel dat dit belangrik is om ‘n gesonde balans te handhaaf.
Rooksein hoop om ‘n verskil en verandering deur hulle musiek te maak en voel dat dit ‘n absolute voorreg is om hulle talente te kan gebruik om hierdie verskil aan te bring in die samelewing.
Sosiale Media Volgelinge :
Facebook: 6 200
Instagram: 18 800
TokTok: 17 500
YouTube: 10 100