Oor die afgelope 11 jaar het Appel oftewel Christoph Kotze homself stewig gevestig in die Suid Afrikaanse Musiek-industrie. Hierdie befaamde liedjieskrywer is verantwoordelik vir van die grootste treffers in die Afrikaanse musiekgeskiedenis. Om dit te kroon, het hy homself ook as baie populere musikant en sanger bewys op verskeie verhoe regoor die land!
Sy debuut album, LEI MY NA DIE WATER, wat vrygestel is in 2017 was dadelik ‘n weghol sukses. Die titelsnit op hierdie album was nommer een op verskeie radiostasie en word steeds op radiostasies gespeel. Die liedjie was geinspireer deur n tyd toe hy in die hospitaal was. Dit was in hierdie tyd dat sy rots en steunpilaar, Sally-Ann, hom bygestaan het. Haar onkondisionele liefde en hulp het hom laat besef watter groot krag daar in ware liedjie is. Die album was vrygestel met n triolgie van musiekvideos wat sy geveg en oorwinning oor die dood simboliseer. Sy tweede album, BOER LOOP DEUR MY ARE, was baie goed ontvang is deur die publiek. Die titlesnit het reeds meer as 3 miljoen kyke op YouTube en was op verskeie radio stasies die NOMMER 1 liedjie. PATRIOT, sy nuutste album, is ‘n refleksie op sy Afrikaner kultuur. Dertien oorspronklike snitte neem die luisteraar op n reis deur ‘n wye spektrum van emosies – van tong in die kies humor tot pragtige boodskappe van hoop!
Appel is passievol oor musiek en glo hy het sy liefde vir musiek by sy ouers gekry. Hy voel voorwaar geseend om sy liefde vir musiek te kan uitleef en ook dat as jy nie die liedjie in jou wese voel nie dit nie vir jou is om te sing nie. Oor die afgelope elf jaar het Appel se musiek harte verower en pryse ingepalm regoor die land en hy is opgewonde om nog vir n hele paar jaar op verhoe in Suid Afrika op te tree en musiekliefhebbers te vermaak!
Vinnige Feite oor Appel:
- Sy regte naam is Christoph Kotzé
- Hy is gebore op 27th Oktober1987
- Het gematrikuleer by Affies in pretoria
- Hy woon tans in Pretoria
Solo Albums vrygestel:
- Lei my na die Water
- Boer loop deur My are
- Patriot
Populere liedjies vanaf sy eie albums:
Lei my na die Water
- Lei my na die water
- Kom en le my neer
- Lemoenie ft Bok van Blerk
Boer loop deur my are
- Boer loop deur my are
- Jagter
- Handebak
- Tamaletjie
- Boskind
Patriot
- Nonna
- F250
- Somerson
- Jou land
- Die Gelofte
Pryse ontvang:
2014 – Ghoema Liedjie van die jaar – SUPERHERO
2015 – Ghoema Liedjie van die jaar – NAWEEKLYFIE
2017 – Liedjie van die jaar – SKEPE / Video van die jaar – APPEL TRILOGIE
2020 – Nominated for a SAMA award for best POP ALBUM OF THE YEAR.
Populere liedjies uit Appel se pen:
- Theuns Jordaan: Sal jy bly
- Karlien v Jaarsveld: Hande
- Jay: Dis hoe ons rol
- Eden: Superhero
- Lianie May: Naweeklyfie
- Lianie en Jay: Da vat hy
- Bok van Blerk: Koue voete warm liefde, Land van melk en heuning en meer
- Dewald Wasserfall: Jy is die storm
- Laurika Rauch: Wals Wals Willemien
- Jo Black: Skepe, Een klien Klippie, Vrede vind
- Roan Ash: If I ever saw heaven, Whiskey to my soul
Sosiale Media Volgelinge:
Facebook: 192 000
Instagram: 86 200
TokTok: 58 300
YouTube: 55 000
Total Streams op ALLE platforms: 120 MILJOEN
Kyke op Youtube:
Nonna: 11 miljoen
Boer loop deur my Are: 5.7 miljoen
Kom le my neer: 4.8 miljoen
Jagter: 4.4 miljoen
Tameletjie: 5.2 miljoen
F250: 6.8 miljoen
Vroumens: 476 000
Hatfield Square: 131 000
LOCO: 614 000
Boerenooi: 1.1 miljoen