Skip to content
  • Home
  • Artist
    • Danny Smoke
    • Dewald Wasserfall
    • Dozi
    • Fatman
    • Jo Black
    • Lianie May
    • Liza Nel
    • Prop
    • Ricus Nel
    • Reandi Grey
  • Sport Stars
    • Breyton Paulse
    • Jean de Villiers
    • Toks & Tjops
    • Vanes-Mari du Toit
    • Victor Matfield
  • Contact
Facebook Twitter Instagram Youtube
BIOGRAPHIES
LISTEN
VIDEOS
BOOK NOW
RETURN TO MAIN MENU
BIOGRAPHIES

Bibi het eintlik geen bekendstelling meer nodig nie, al word sy soms herken as “Daai Girl” in die musiekbedryf.


Bibi het al in baie kunstenaars se musiekvideos gespeel, onder andere in Pieter Smith se “Willemiena van Gezina”, Jan Jan Jan se “Hy’s ‘n Lekker Ou” & Juanita Du Plessis se “Liewe Jinne”. Bibi was ook al te sien as die skreeusnaakse Tannie Martha op die Afrikaans Is Groot verhoog.


“Ek speel in baie musiekvideos van ander kunstenaars en mense herken my soms en sê: “Jy’s mos Daai Girl”, toe wil ek graag ‘n liedjie skryf oor al die dinge wat my uniek maak en laat uitstaan. Ek is die snaakse een, die een wat kliphard lag, die een wat die partytjie bring. Ek is Daai Girl”

 
Bibi was nog altyd lief vir musiek en dit was vir haar lekker om in ander se musiekvideos te speel, maar nou is dit haar beurt om haar eie stempel op die musiekbedryf af te druk met haar eie musiek en musiekvideos. Musiek was nog altyd Bibi se eerste liefde, vanaf haar dae in die koor by Laerskool Kruinsig tot by Hoërskool Brandwag waar sy die hoofrol in die revue-produksie vertolk het, het Bibi nog altyd geweet dit is wat sy die res van haar lewe wil doen.

“Ek wil fun hê en wil mense maak vergeet van hulle moeilike dag, en hulle uit hulle maag uit laat lag. Lag is immers die beste medisyne.”


‘n Harde les wat Bibi al geleer het in die 14 jaar wat sy al in die musiekbedryf is, is dat almal vervangbaar is en dat jy nooit groter is as die game nie. Bibi se sin vir humor is wat haar “magic” is, en om mense te maak lag is haar gunstelling ding in die wêreld.

 

LISTEN
VIDEOS
BOOK NOW
Loading
RETURN TO MAIN MENU

CLICK HERE TO RETURN TO MAIN MENU

© Copyright 2025 Vocal Events  •  Designed & Hosted by So.Pro Branding & Signs