Die immergewilde Lianie May se talent is in 2006 raakgesien. Harde werk, vasberadenheid en ‘n nederige persoonlikheid het haar gedra om vandag as een van die land se grootste vroulike kunstenaars bestempel te word.
Met haar weghol treffer-album, Vergeet My Nie, wat in 2008 uitgereik is, het dié boeremeisie van Oranjeville in die Vrystaat diep in Suid-Afrikaners se harte gekruip.Met vele albums, multi-toekennings en ‘n film agter die rug, is sy nie net ‘n huishoudelike naam nie, maar hier om tebly. Met haar sprankelende en omgee persoonlikheid, nie net op die verhoog nie, maar ook daarvanaf, is sy een van ons land se lieflinge met ‘n passie vir sang én mense.
Lianie is een van die min kunstenaars wat nog met elke album platinum status bereik het. Vanuit al die toekennings wat sy al ingepalm het, bly die SAMA-toekenning in 2009 vir Topverkoper die een wat haar die naaste aan die hart lê. Sy is die eerste debuut en blanke vroulike Afrikaanse kunstenaar wat ooit dié prestasie kon verower.
Sy het haar debuut as hoof aktrise gemaak in die Afrikaanse rolprent, Platteland, in 2011.
Van haar loopbaan hoogte punte is haar SAMA toekennings vir haar album, Vergeet My Nie, in 2009. Haar vroulike hoofrol in Platteland, ‘n ontmoeting met Bonnie Tyler en haar eie televisie proggram, Met My Hele Hart, wat handel oor haar en haar man, Barry, se lewe saam en met die opbou na hul troue in September 2017, is alles van Lianie se hoogtepunte. Oorsese toere na Nederland, Engeland, Dubai,Australie en Nieu Zealand en haar deelname aan Afrikaans Is Groot-konserte is ook ‘n herinnering wat haar by bly.
Lianie spog met meer as 30 miljoen kykers wat haar musiekvideo’s al op YouTube geniet het. Die feit dat sy haar droom kan uitleef en jaarliks by van ons land se grootste konserte optree, soos byvoorbeeld Innibos, met gehore van 40 000 tot 50 000 mense en Afrikaans is Groot met gehore van 70 000 plus, sien sy as ‘n groot voorreg. Sanger, skrywer, aktrise, boeremeisie – ongeag watter kuns sy beoefen, Lianie skitter en haar hande staan beslis vir niks verkeerd nie.