• Home
  • Artist
    • Danny Smoke
    • Dewald Wasserfall
    • Fatman
    • Jo Black
    • Lianie May
    • Liza Nel
    • Marno van der Merwe
    • Prop
    • Ricus Nel
    • Reandi Grey
  • Sport Stars
    • Breyton Paulse
    • Jean de Villiers
    • Toks & Tjops
    • Vanes-Mari du Toit
    • Victor Matfield
  • Contact
Facebook Twitter Instagram Youtube
BIOGRAPHIES
LISTEN
VIDEOS
BOOK NOW
RETURN TO MAIN PAGE
BIOGRAPHIES

Dit is uiteindelik tyd dat Prop homself by die Afrikaanse musiekbedryf inprop met sy debuut-album ‘Sing Hoop Weerklink’. Hy het bekendheid verwerf as kitaarspeler vir Robbie Wessels en ook ‘n verskyning gemaak in Robbie se films.

As liedjieskrywer het sy pen liedjies gelewer vir groot name soos Laurika Rauch. Prop is nie net ‘n musikant en gekwalifiseerde argitek nie, hy is ook ‘n trotse ambassadeur vir Helpende Hand en streef daarna om ‘n inspirasie te wees, ten spyte van die uitdagings om met ‘n skelet gestremdheid te leef. Hierdie debuut-album is jare in wording en is vervaardig deur die bekroonde vervaardiger Murray Lubbe wat treffers vervaardig het soos ‘Nonna’, ‘Dina’, ‘Meisies Soos Jy’ en vele meer. Die eerste enkelsnit en musiekvideo van die album ‘Kwaaitjie’ maak groot opslae en het gedien as die perfekte lanseerplatform vir hierdie album. ‘Kwaaitjie’ is nie die enigste Boere-pop-braai-treffer op die album nie, ‘Bosveld Vakansie’, ‘Two-Tone is Tops’ en ‘Rampartytjie’ sal beslis in hierdie voetspore volg. Prop vertoon sy dieper kant met liedjies soos ‘Sing Hoop Weerklink’, ‘’n Man Moet Glo’ en ‘Feesvierjare’. Dis vol hoop, nostalgie en viering. Sy veelsydigheid eindig nie daar nie, romantiese liedjies soos ‘Katinka’ en ‘Bietjiebos Brand’ rond hierdie album op die perfekte manier af.

 

Sosiale Media Volgelinge :

Facebook: 5 650

Instagram: 2 970 

TokTok: 16 200 

YouTube: 5 470

Youtube Views: 6.6 Miljoen (in totaal)

Spotify Monthly Listeners: 75 000

LISTEN
VIDEOS
BOOK NOW
Loading
RETURN TO MAIN PAGE

CLICK HERE TO RETURN TO MAIN PAGE

© Copyright 2024 Vocal Events  •  Designed & Hosted by So.Pro Branding & Signs