Skip to content
  • Home
  • Artist
    • Danny Smoke
    • Dewald Wasserfall
    • Fatman
    • Jo Black
    • Lianie May
    • Liza Nel
    • Marno van der Merwe
    • Prop
    • Ricus Nel
    • Reandi Grey
  • Sport Stars
    • Breyton Paulse
    • Jean de Villiers
    • Toks & Tjops
    • Vanes-Mari du Toit
    • Victor Matfield
  • Contact
Facebook Twitter Instagram Youtube
BIOGRAPHIES
BOOK NOW
RETURN TO MAIN MENU
BIOGRAPHIES

Reandi Grey het haar Honeurs in Grafiese ontwerp en Ontwikkelingskommunikasie by die Puk verwerf in 2011. In 2012 verwerf sy ‘n Diploma in Mode Ontwerp by Lisof.

 

Haar passie en droom was wel van kleintyd af om ‘n aktrise te wees, karakters te vertolk en stories te kan vertel. In 2019 word hierdie droom waar. Sy skop haar loopbaan as aktrise af in die immergewilde 7de Laan, as Esti Fouché.  Daarna bied sy die realiteitsprogram genaamd “Eendag” aan op Via, vanwaar die liefde en belangstelling vir aanbieding gebore is.

 

In 2021 – 2023 vertolk sy die rol van Elizabeth Price op Mnet se Legacy. Tans vertolk sy die rol van Anja Botha op Kyknet se gewilde Diepe Waters.

 

Die hoogtepunt van haar loopbaan is toe sy aangewys is as die nuwe aanbieder van Boer soek ‘n Vrou vir seisoen 17.

 

Sy het GreyC (Grey Creations), haar eie klerereeks gestig in 2020. GreyC is ‘n trots Suid Afrikaanse reeks met ‘n hart vir mense en om hulle te inspireer om selfversekerd, gemaklik, en kreatief te wees in hulle kledings-keuses.

 

Op Universiteit al het sy begin optree as MC en later ook uitgebrei na motiveringspreker by funksies. Die hoogtepunt van haar ‘MC-loopbaan’ was in 2024 by die Cape Town Country Festival waar sy die hele naweek se verrigtinge hanteer het as MC vir plaaslike sowel as Internasionale kunstenaars.

BOOK NOW
Loading
RETURN TO MAIN MENU

CLICK HERE TO RETURN TO MAIN MENU

© Copyright 2024 Vocal Events  •  Designed & Hosted by So.Pro Branding & Signs