
BIOGRAPHIES
LISTEN
VIDEOS
BOOK NOW
RETURN TO MAIN MENU
BIOGRAPHIES

Boer Soek ‘n Vrou, maar kry soveel meer op die Vrystaat Vlaktes.
Die immergewilde Kyk-NET realiteit-program, Boer soek ‘n vrou het hierdie jaar ietsie bietjie meer spesiaal spesiaal gebied as net ‘n boer wat daardie iemand vind om die pad mee saam te stap.
Boer Richann het het dalk ‘n metgesel gesoek, maar is aan die anderkant uit met soveel meer. Haar naam is René en saam het hulle iets in gemeen wat SA nog vir lank aan die die gons sal hou. Musiek! Wie sou kon raai dat twee mense so gelukkig kan wees om nie net liefde te vind op ‘n TV-program nie, maar ‘n mede talent om saam mee musiek te maak?
Dis reg! Richann en René, nou bekend as Reën, stel op Vrydag, 16 April 2021 hulle eerste enkelsnit bekend – Vrystaat Vlaktes. En hoe gepas is dit nie dat hulle hulde bring aan hierdie pragtige Suid-Afrikaanse landskap wat hulle twee onwetend bymekaar uitgebring het nie. Albei maak al vir ‘n geruime tyd musiek uit die liefde van die saak, maar het duidelik net gewag vir daardie een spesiale persoon om dit tot die volgende vlak te neem!
Met hulle goedvoel klank en passie wat deurskyn in hulle eerste enkelsnit is dit duidelik dat hulle saam nog baie harte gaan steel as duet. En wie weet wat vir hulle hulle toekoms saam nog voorlê? Ons sal hulle maar net fyn moet dophou, want die die einde hierdie se seisoen is maar net die begin van ‘n baie opwindende reis vanuit die Vrystaat vlaktes.
VRYSTAAT VLAKTES NOU BESKIKBAAR OP ALLE DIGITALE PLATFORMS.
Sosiale Media Volgelinge :
Facebook: 12 000
Instagram: 19 800
TokTok: 12 900
YouTube: 8 280
LISTEN
VIDEOS
BOOK NOW
RETURN TO MAIN MENU