Skip to content
  • Home
  • Artist
    • Danny Smoke
    • Dewald Wasserfall
    • Dozi
    • Fatman
    • Jo Black
    • Lianie May
    • Liza Nel
    • Prop
    • Ricus Nel
    • Reandi Grey
  • Sport Stars
    • Breyton Paulse
    • Jean de Villiers
    • Toks & Tjops
    • Vanes-Mari du Toit
    • Victor Matfield
  • Contact
Facebook Twitter Instagram Youtube
BIOGRAPHIES
LISTEN
VIDEOS
BOOK NOW
RETURN TO MAIN MENU
BIOGRAPHIES

Werner Van Der Hoven het vroeg 2023 die Afrikaanse mark betree met sy dubuut enkelsnit “Wynland” wat verlede jaar al No.1 op Jacaranda CTM Top 40 behaal het. Werner is geensins ‘n nuweling in die musiek bedryf nie, want hy is die een helfte van die man-en-vrou duo ‘Jack & June’, wie se musiek gehoor kan word op bykans alle digitale platforms met treffers soos onder andere, “Steek ons liefde aan die Brand “ en “Klippe Kou”.

Die afgelope jaar was Van Der Hoven besig met sy debuut album wat teen middel April hierdie jaar beskikbaar sal wees. Onder die bekwame vlerk van SupraFamilias en in samewerking met fantastiese kunstenaars asook verskeie industrie kundiges, is daar noukerig en gedetaileerde moeite gedoen om die songs eerlik, opreg en voetstamp lekker te vertolk. Die luisteraar kan verseker en gerus wees van uitstekend vervaardigde nuwe musiek.
Sy tweede enkelsnit, “Somer In My Keel” wat hy in samewerking met “Die Heuwels Fantasties” geskryf en opgeneem het, is in Nov 2023 vrygestel en is net weereens ‘n kader van wat nog hierdie jaar gaan kom. Sy nuutste oplewering is “Hanrie Visagie” wat alreeds goeie lugtyd verdien en vertel die komiese en hartseer storie van Hanrie en haar man Johan.Die musiek video van hierdie lied maak ook vir eindelose vermaak met Hamilton Wessels en Cindy Swanepoel wat die karakters speel.

LISTEN
VIDEOS
BOOK NOW
Loading
RETURN TO MAIN MENU

CLICK HERE TO RETURN TO MAIN MENU

© Copyright 2025 Vocal Events  •  Designed & Hosted by So.Pro Branding & Signs